120347 Salacia

asteroïde

120347 Salacia (uitspraak sa.laː.kja), met die voorlopige naam 2004 SB60, is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) in die Kuipergordel, met ’n deursnee van sowat 850 km en byna vir seker ’n dwergplaneet.[6] Sy huidige afstand van die Son is sowat 44,2 AE en sy skynbare magnitude sowat 20,5.

120347 Salacia   

Salacia se wentelbaan is soortgelyk aan dié van Pluto.
Ontdekking [1][2]
Ontdek deur H.G. Roe
M.E. Brown
K.M. Barkume
Datum 22 September 2004
Plek van ontdekking Palomar-sterrewag
Kleinplaneet-benaming(120347) Salacia
Alternatiewe name2004 SB60
Kleinplaneet-kategorie TNV[1]
Cubewano[3]
Etimologie ’n Romeinse seegodin[2]
Wentelbaaneienskappe [1]
Epog 16 Februarie 2017
Afelium 46,476 AE
Perihelium 37,27 AE
Halwe lengteas 41,87 AE
Wentelperiode 270,98 jaar (98 974 dae)
Gem. anomalie 122,66°
Baanhelling 23,93°
Lengteligging van stygende nodus 280,04°
Periheliumhoek 308,48°
Natuurlike satelliete Actaea (286±24 km)
Fisiese eienskappe
Afmetings 854±45 km (dieselfde albedo's)[4]
Massa 4,38±0,16×1020 kg (stelsel)[4][5]
Gem. digtheid 1,29+0,29−0,23 g/cm3 (stelsel)[4]
Rotasieperiode 6,09 uur
Sideriese
rotasieperiode
6,09 uur[1]
Absolute magnitude 4,360±0,011 (stelsel)[5]
4,476±0,013 (Salacia)[5]
6,850±0,053 (Actaea)[5]
3.9[1]

Beskrywing

wysig

Salacia is op 22 September 2004 by die Palomar-sterrewag in Kalifornië ontdek deur die Amerikaanse sterrekundiges Henry Roe, Michael Brown en Kristina Barkume. Beelde van voor sy ontdekking strek terug tot 25 Julie 1982.[2] Salacia se wentelbaan is effens groter as Pluto s'n. Dit het een bekende maan, Actaea.

Sy wentelbaan het ’n gematigde eksentrisiteit van 0,107 en ’n groot helling van 23,9° – dit maak dit ’n uitgebreide verstrooideskyfvoorwerp volgens die Deep Ecliptic Survey en ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp volgens Gladman et al.[7] Salacia se wentelbaan is binne die parameterruimte van die Haumea-familie, maar is nie deel daarvan nie omdat dit nie die sterk waterys-absorpsielyne het wat eie aan die familie se lede is nie.[5]

Die totale massa van die Salacia-Actaea-stelsel is 4,38±0,16×1020 kg, waarvan sowat 96% moontlik dié van Salacia self is. Salacia het sover bekend die laagste albedo en digtheid van enige groot TNV.[5] Op Mike Brown se webtuiste word Salacia gelys as byna vir seker ’n dwergplaneet, maar die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) erken dit nog nie as een nie.[8][9]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "JPL Small-Body Database Browser: 120347 Salacia (2004 SB60)" (2016-08-12 last obs.) (in Engels). Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2017. Besoek op 3 April 2017.
  2. 2,0 2,1 2,2 "120347 Salacia (2004 SB60)". Minor Planet Center (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2017. Besoek op 3 April 2017.
  3. "MPEC 2009-R09 :Distant Minor Planets (2009 SEPT. 16.0 TT)" (in Engels). Kleinplaneetsentrum. 4 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 5 Julie 2011.
  4. 4,0 4,1 4,2 Fornasier, S.; Lellouch, E.; Müller, P., T.; et al. (2013). "TNOs are Cool: A survey of the trans-Neptunian region. VIII. Combined Herschel PACS and SPIRE observations of 9 bright targets at 70–500 µm". Astronomy & Astrophysics. 555: A92. arXiv:1305.0449v2. Bibcode:2013A&A...555A..15F. doi:10.1051/0004-6361/201321329.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 Stansberry, J.A.; Grundy, W.M.; Mueller, M. (2012). "Physical Properties of Trans-Neptunian Binaries (120347) Salacia–Actaea and (42355) Typhon–Echidna". Icarus. 219: 676–688. Bibcode:2012Icar..219..676S. CiteSeerX 10.1.1.398.6675. doi:10.1016/j.icarus.2012.03.029. {{cite journal}}: Onbekende parameter |displayauthors= geïgnoreer (hulp)
  6. Brown, Michael E. "How many dwarf planets are there in the outer solar system? (updates daily)" (in Engels). California Institute of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 29 November 2016.
  7. Gladman, B.; Marsden, B. G.; VanLaerhoven, C. (2008). "Nomenclature in the Outer Solar System". The Solar System Beyond Neptune (PDF). p. 43.
  8. "Planetary Names: Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature (in Engels). International Astronomical Union (Working Group for Planetary System Nomenclature). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 10 Junie 2012.
  9. "List of Dwarf Planets" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2015. Besoek op 9 Junie 2012.

Eksterne skakels

wysig