32ste Oscar-toekenningsaand
Die 32ste Oscar-toekenningsaand is op 4 April 1960 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1959.
32ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 4 April 1960 | |
Plek | RKO Pantages Theatre, Hollywood | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Ben-Hur | |
Meeste pryse | Ben-Hur (11) | |
Meeste benoemings | Ben-Hur (12) |
Die drie en ’n half uur lange epiese drama Ben-Hur van MGM (met onder meer ’n strydwaresies van 11 minute) het 11 Oscars gewen en so die vorige jaar se rekord van nege Oscars deur Gigi gebreek. Met sy 11 van 12 benoemings wat dit gewen het, was dit destyds die mees bekroonde rolprent van alle tye – dit is eers in 1998 geëwenaar deur Titanic en in 2004 deur The Lord of the Rings: The Return of the King.
Ben-Hur was ’n reproduksie van MGM se eie stilrolprent van 1926 met dieselfde titel en was teen $15 miljoen die duurste prent tot nog toe. Albei prente is gebaseer op generaal Lew Wallace se roman oor die opkoms van die Christendom wat in 1880 die eerste keer gepubliseer is.
Ben-Hur was ook net die derde prent wat die Oscar vir beide beste akteur en beste manlike byspeler gewen het. Die volgende prent wat dit kon regkry, was Mystic River in 2004.
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | |
Beste lang dokumentêr | Beste kort dokumentêr |
|
|
Beste kunsredigering, swart-wit | Beste kunsredigering, kleur |
|
|
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste spesiale effekte |
|
|
Erepryse
wysig- Buster Keaton
- Lee De Forest
Jean Hersholt- Humanitêre Prys
wysig- Bob Hope
Verwysings
wysig- ↑ "The 32nd Academy Awards (1960) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 21 Augustus 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia