32ste eeu v.C.
jaar
Die 32ste eeu v.C. het geduur van 3200 tot 3101 v.C.
Gebeure
wysig- Omstreeks 3200 v.C.: Iry-Hor regeer vanaf Abydos oor die grootste deel van Antieke Egipte.
- Omstreeks 3200-3150 v.C.: Ka regeer in Antieke Egipte.
- Omstreeks 3150 v.C.: Begin van die bewind van Narmer, die farao wat Bo- en Benede-Egipte as een land verenig het (nog ’n datum is 3100 v.C.).
- 11 Augustus 3114 v.C.: Die begin van die huidige era in die Maja-langtellingkalender.
- 23 Januarie [O.S. 18 Februarie] 3102 v.C.: Die begin van die Kali-joega.
- Omstreeks 3100 v.C.: Begin van die bewind van Hor-Aha, die tweede farao van Egipte se 1ste Dinastie.
- Antieke Egipte: Die vroegste bekende Egiptiese hiërogliewe aan die begin van die 1ste Dinastie.
- Kreta: Die opkoms van die Minoïese beskawing.
- Neolitiese nedersetting gebou by Skara Brae, Orkney-eilande, Skotland.
Bekende mense
wysig- Iry-Hor, die vroegste Egiptiese heerser wie se naam bekend is.
- Narmer, stigter van die 1ste Dinastie van Antieke Egipte.