3de Dinastie van Egipte
Die 3de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie III geskryf) was die eerste dinastie van die Ou Ryk. Dit het geduur van omstreeks 2667 tot 2610 v.C. Dit het gevolg op die onstuimige jare van die 2de Dinastie.
Die 4de, 5de en 6de Dinastie word gewoonlik saam met die 3de Dinastie die Ou Ryk genoem, ook bekend as die tyd van die piramides. Die hoofstad in dié tyd was Memphis.
Farao's
wysigDie bekendste heersers van die 3de Dinastie was:[1]
Farao | Troonnaam | Bewind | Hoofstad | Graftombe |
---|---|---|---|---|
Djoser | Netjerichet | 2667-2648 v.C. | Memphis | Saqqara |
Djoserty | Sechemchet | 2648-2640 v.C. | Memphis | Saqqara |
Nebka | Sanacht | 2640-2631 v.C. | Memphis | Abydos ? |
Teti | Chaba | 2631-2628 v.C. | Memphis | Zawjet el-Arjan |
Hoeni | Qahedjet ? | 2628-2610 v.C. | Memphis | Meidoem ? |
Tydlyn
wysigVerwysings
wysig- ↑ Toby A.H. Wilkinson, Early Dynastic Egypt, Routledge, 2001
Voorafgegaan deur ← 2de Dinastie |
3de Dinastie | Opgevolg deur 4de Dinastie → |