Aapstertsteekgras
plantspesie
Aapstertsteekgras (Aristida congesta Roem. & Schult.) is 'n grasspesie wat inheems is aan alle provinsies van Suid-Afrika asook aan Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek en verder tot langs die Middellandse See. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[1]
Aapstertsteekgras | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | Aristida
|
Spesie: | A. congesta
|
Binomiale naam | |
Aristida congesta Roem. & Schult.
|
SANBI vermeld twee subspesies:
- Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. congesta
- Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. barbicollis (Trin. & Rupr.) De Winter[2]
Dit is 'n meerjarige digte polgras wat 10 - 75 cm hoog word. Die blare kan plat of gevou wees. Die pluime is 3 – 20 cm lank. Dit het stekeltjies met ongelyke kaffies. Die boonste is die grootste en kan 6,5 – 10 mm lank word. Dit kom in bladwisselende bosland op klipperige hellings of versteurde plekke voor.[3]
Beweiding
wysigDit het min waarde vir beweiding, behalwe as dit jonk is:
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[4] | 1 | 1.3 | 1.04 |
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
- ↑ "FAO" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2017. Besoek op 1 Januarie 2017.
- ↑ P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.