Aardhommel
Die aardhommel is een van die volopste hommelbyspesies in Europa. Hulle word gekenmerk deur die wit onderkante van hulle mae. Die koninginby is 2–2,7 cm lank, terwyl die werkers 1½–2 cm lank is. Aardhommels is nie so sosiaal soos heuningbye nie, maar meer sosiaal as groefbye.
Aardhommel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. terrestris
|
Binomiale naam | |
Bombus terrestris |
Die koningin bou 'n nes wat so groot soos 'n mens se vuis is, waarin tot 50 werkerbye kan lewe. Aan die einde van die jaar sal die hele swerm vrek en net die jong koninginne oorbly.
Aardhommels kan hul weg terug na hulle nes vind van 'n afstand so ver as 13 km.[1]
Bronnelys
wysig- Bye in Wêreldspektrum, volume 4. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
Verwysings
wysig- ↑ Louisa Cheung (26 Julie 2006). "Homing instinct of bees surprises" (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2009. Besoek op 7 Maart 2009.