Aasvoëlberg, Oos-Kaap
Aasvoëlberg is 'n berg in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, 7 km noordnoordoos van Willowmore en 6 km suidoos van Perdepoort.
In die 18de eeu het die berg bekendgestaan as De Qua, wat 'n vermenging van Nederlands en 'n Khoikhoi-taal is en Die Aasvoël beteken.
Bron
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town : Jonathan Ball Publishers.