Willowmore
Willowmore is 'n ouwêreldse Karoodorp aan die westelike grens van die Oos-Kaap. Die bevolking is sowat 7 700 en die dorp beskik oor heelwat ou geboue uit die Victoriaanse sowel as Eduardiaanse tydperk.
Willowmore | |
---|---|
Willowmore | |
Koördinate: 33°17′S 23°29′O / 33.283°S 23.483°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,74 km2 (8,39 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 678 |
• Digtheid | 353/km2 (910/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 86.3% |
• Swart mense | 10.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 94.6% |
• Xhosa | 3.2% |
• Engels | 1.2% |
• Ander | 1.0% |
Poskode (strate) | 6445 |
Poskode (posbusse) | 6445 |
Skakelkode | 044 |
Geskiedenis
wysigDie dorp het in 1864 ontstaan toe J.P. Aughanbough 'n gedeelte van die plaas The Willows by William Moore gekoop het. 'n Tennisbaan is op 'n deel van die grond gebou waar later 'n plaaslike sportklub ontstaan het. Ná die aankoop het Willowmore 'n handelsentrum geword. Die naam was eers Willow-Moore, maar dit is later vereenvoudig na Willowmore. Tien jaar nadat die tennisbaan gebou is, het 'n kerk en landdroskantoor gevolg. Nog tien jaar later, op 28 Februarie 1884, word Willowmore 'n munisipaliteit.
Infrastruktuur
wysigDie spoorlyn tussen Kaapstad en Port Elizabeth het die dorp in 1900 bereik. Willowmore lê ook aan 'n nasionale pad (N9) en die R329. Laasgenoemde gaan hiervandaan in 'n oostelike rigting en verbind Aberdeen met Steytlerville. Die N9 verbind George en Colesberg en loop ook oor Willowmore se buurdorpe, Aberdeen ten noorde en Uniondale ten suide, asook Middelburg en Graaff-Reinet. Die R407 begin ook hier en verbind die dorp met Klaarstroom.
Willowmore is die dienssentrum van 'n landboustreek waar geboer word met volstruise, skape, bokke, lusern, sitrus en tabak (laasgenoemde twee in die vrugbare Baviaanskloof).
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Willowmore". Sensus 2011.
Bronne
wysig- Bulpin, T.V., 2001. Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc.