Aberfeldy is 'n klein nedersetting naby Phuthaditjhaba, omring deur landbougrond en wildplase, 52 km oos van Bethlehem en 26 km wesnoordwes van Harrismith. Dis ook die naam van 'n spoorweghalte 4 km wes van die nedersetting op die spoorlyn tussen Bethlehem en Harrismith.

Aberfeldy
Aberfeldy is in Vrystaat
Aberfeldy
Aberfeldy
 Aberfeldy se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°12′54″S 28°49′30″O / 28.21500°S 28.82500°O / -28.21500; 28.82500
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyana
MunisipaliteitMaluti-a-Phofung

Aberfeldy is in die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit van Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.

Die plekkie is genoem na Aberfeldy in Perthshire, Skotland, wie se naam afgelei is van Pikties aber (riviermond, samevloeiing) en feldy van Peallaidh, die naam van 'n plaaslike waternimf.

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.