Harrismith
Harrismith is 'n Oos-Vrystaatse dorp geleë aan die N3 hoofroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal. Die N5 nasionale pad na en van Winburg begin ook hier.
Harrismith | |
---|---|
Uitsig oor Harrismith | |
Koördinate: 28°17′0″S 29°8′0″O / 28.28333°S 29.13333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Maluti-a-Phofung |
Stigting | 1849 |
Regering | |
• Tipe | Deel van plaaslike munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 138,80 km2 (53,59 vk. myl) |
Hoogte | 1 630 m (5 350 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 27 869 |
• Digtheid | 201/km2 (520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.7% |
• Indiërs/Asiërs | 1.3% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 87.1% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 49.4% |
• Sotho | 32.6% |
• Afrikaans | 10.4% |
• Engels | 3.7% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 9880 |
Poskode (posbusse) | 9880 |
Skakelkode | 058 |
Webwerf | harrismith.com |
Geskiedenis
wysigNadat Sir Harry Smith die Voortrekkers by Boomplaats verslaan het, het hy gevoel dat 'n nuwe distrik verder noord gestig moes word om beheer oor die Voortrekkers te hou. 'n Dorp is by Majoorsdrif in die Elandsrivier aangelê en Vrededorp genoem. Die drif was reeds die spilpunt van verkeer na en van Johannesburg en Durban. Dié dorp het 25 km wes gelê van die bestaande dorp. Weens 'n gebrek aan water moes die dorp verskuif word. Die plaas Gemsbokhoek van Jan Snyman aan die oewer van die Wilgerivier, aan die voet van die Platberg, is gekies as die plek waar die nuwe dorp uitgelê moes word. Inwoners van Vrededorp kon gratis erwe in die nuwe dorp kies. Landdros Paul Bester het die nuwe dorp vernoem na Sir Harry Smith. Die eerste erwe is op 16 Januarie 1850 verkoop en die dorp het in 1875 'n munisipaliteit geword.
Ná die ontdekking van diamante te Kimberley het minstens 50 waens per dag deur die dorp beweeg. Die ontdekking van goud op die Witwatersrand het dié aantal verhoog. Die spoorlyn vanaf Ladysmith (hooflyn tussen Durban en Johannesburg) is in 1892 gebou en in 1905 tot in Kroonstad verleng. Hierdie spoorlyn is deur die Natalse Regeringspoorweë bedryf.
Distrik
wysigDie distrik is 8 000 km2 groot en lewer suiwelprodukte, bees-, skaap- en wildsvleis, koring, mielies en aartappels. Die gebied is ook bekend vir sy perdestoetplase. Daar is verskeie vervaardigingsnywerhede op die dorp.
Platberg
wysigDie Platberg ('n berg net buite die dorp en 2 395 m bo seevlak) is bekend om die jaarlikse bergmarathon op 10 Oktober. Die roete behels 'n klim van 605 m oor 'n afstand van 5 km tot op die kruin van Platberg, 'n ent met die kruin langs en weer af teen die berg.
Trivia
wysigRetiefklip, waar Deborah Retief haar pa se naam op 'n rots geskryf het is in die omgewing.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Harrismith". Sensus 2011.