Swartwattel
(Aangestuur vanaf Acacia mearnsii)
Die swartwattel (Acacia mearnsii) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan die suidooste van Australië asook Tasmanië. Die boom groei in grasvelde, langs paaie, waterlope en woudrande.
Swartwattel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Acacia |
Spesie: | A. mearnsii
|
Binomiale naam | |
Acacia mearnsii | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme[1] | |
|
Voorkoms
wysigDie swartwattel kan tot 15 m hoog raak en is middelgroot. Die boom is doringloos met neerhangende, varingagtige takke. Die bas is glad en 'n bietjie harig by die jonger takke. Die blare is saamgestel en dubbelveervormig met baie klein blaartjies. Die blomhofies is liggeel en verskyn in saamgestelde trosse van Augustus tot November. Die sade is in peulvorm en afgeplat.
Die boom word gebruik vir looibas (om leer te maak), beskutting en vuurmaakhout.
Sien ook
wysigBron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Acacia mearnsii". Australian Plant Census. Besoek op 26 September 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Acacia mearnsii.
- Australian Plants online
- The IUCN/SSC Invasive Species Specialist Group