Adam Tas (sanger)
Adam Tas (gebore 25 Augustus 1981 in Pretoria) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Van sy treffers sluit in Van 'n druppel tot 'n brander, Ben Bicycle, Jantjie Koggelman en Harry Potter. Meer onlangs Is dit hoe sy hemel lyk, en sy nuwe treffer Die huis waar stilte woon.
Adam Tas | |
---|---|
Geboortenaam | Francois van der Merwe |
Gebore | 25 Augustus 1981 Pretoria, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaans |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 2003 - nou |
Etikette | EMI, Ramkat, Select Musiek |
Webwerf | adamtas.co.za |
Lewe
wysigHy het matriek voltooi by Hoërskool Garsfontein en later joernalistiek aan UNISA studeer en ook 'n gekwalifiseerde wildbewaarder geword. Sy musikale loopbaan het begin met optredes by talle plaaslike kroeë in Hatfield en regoor Suid-Afrika. Sy album My Memories In 'n Menthol, saamgestel uit liedjies wat hy in samewerking met Kobus Koekoes geskryf het, het groot sukses behaal. Hy is later in 2006 by EMI onderteken. In 2007 het hy in 24 uur by 41 lokale opgetree en 'n vermelding in Guinness Book of Records verdien. Hy was ook gasheer vir die Suid-Afrikaanse televisieprogram Wild en Wragtag en het in die rolprent Die spook van Uniondale verskyn. Hy het later 'n kontrak by Select Music onderteken. In 2016 het hy 'n huldeblyk-album vrygestel, 'n Tas vol Cash opgedra aan Johnny Cash.
Sedert 2003 het hy 'n aantal ateljee-albums vrygestel en is bekend vir sentimentele liedjies oor die plaaslewe in Suid-Afrika.[1]
Diskografie
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Vetseun.co.za". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 25 Augustus 2016.
- ↑ http://www.musica.co.za/cd/id/6005298033758/Adam_Tas-Man_Van_Stof