Die spook van Uniondale
Die spook van Uniondale is 'n Afrikaanse rolprent wat op 29 Augustus 2014 uitgereik is. Die rolprent is gegrond op die legende van die spook van Uniondale. Dit is in Uniondale, Willowmore, Baviaanskloof en Centurion verfilm. Die rolprent het R598 542 in sy openings naweek gemaak en het 'n totaal van R1 495 744 gemaak by die Suid-Afrikaanse lokprent.
Die spook van Uniondale | |
---|---|
Regisseur | Pierre Smith |
Draaiboek | Pierre Smith Willemien Storm |
Met | Adam Tas Tanya van Graan Ivan Zimmerman Christina Knight Tobie Cronje Andre Stoltz Nelda Jansen van Rensburg |
Musiek deur | Vaughan van Zyl |
Kinematografie | Trevor Brown |
Redigeerder | Bruce McLaren-Lyall |
Ateljee | Moving Billboard Picture Company |
Uitgereik | 29 Augustus 2014 |
Speeltyd | 96 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n romantiese drama. Dit het 'n ouderdomsperk van 7–9OL.
Rolverdeling
wysig- Adam Tas as Stefan
- Tanya van Graan as Marie
- Ivan Zimmermann as Johan
- Christina Knight as Michelle
- Tobie Cronje as Cornelius
- Andre Stoltz as Frank
- Nelda Jansen van Rensburg as Sonja
- Nadia Beukes as die verpleegster
- Jakkie Louw as Swys
- Fredi Nest as die man in die kroeg
- André Schwartz as Jan-Dawid
Intrige
wysigStefan, 'n jong sakeman, is op pad na sy ouers in die pragtige Baviaanskloof. Sy Paasnaweekplanne verander drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale gaan staan. Stefan kry dit egter reg om tot in Willowmore te ry, waar hy 'n paar gure karakters raakloop. Hy vertoef op die dorp en leer by die plaaslike kroeg van die ontstaan van die legende van die Spook van Uniondale: die storie van Johan en Marie wat van kleintyd af gekys was en uiteindelik trou, maar hul storie eindig tragies. Stefan ontmoet ook 'n jong boeremeisie, Sonja op die dorp. Die aantrekkingskrag tussen hulle is van meet af duidelik...