Adresruimte
In rekenaarwetenskap definieer 'n adresruimte 'n reeks diskrete adresse waarvan elkeen kan ooreenstem met 'n fisiese of virtuele geheue-register, 'n netwerknodus, randtoestel, skyfsektor of ander logiese of fisiese eenheid.
'n Geheue-adres identifiseer 'n fisiese ligging in rekenaargeheue, soortgelyk aan 'n straatadres in 'n dorp. Die adres dui die ligging aan waar die data gestoor is, net soos 'n straatadres 'n spesifieke woonhuis in 'n woonbuurt aandui.
Voorbeelde van adresruimtes:
- Huisnommers in 'n straat
- Hoofgeheue (fisiese geheue)
- Virtuele geheue
- Toevoer/afvoer-poortruimte
- Rekenaarnetwerk
- IP-adres in besonder
- Die silinder-kop-sektor skema vir hardeskywe
Spesifieke voorbeeld van toepassing op die Linux-bedryfstelselkern
- Kernruimte
- Gebruikersruimte waar die kern deur middel van funksies soos copy_to_user(), copy_from_user() en soortgelyke funksies toegang verkry.
- Toevoer/afvoergeheue waar die kern deur middel van funksies soos readb(), writel(), memcpy_toio() ensovoorts toegang verkry.
Adressvertaling
wysigOor die algemeen sal een adresruimte fisies verskil van 'n ander ligging in geheue. Dit gebeur egter soms dat adresruimtes oorvleuel. Wanneer adresruimtes oorvleuel is vertaling nodig. Virtuele tot fisiese adresruimte vertaling is byvoorbeeld nodig om die adresse in virtuele geheue te vertaal na die fisiese adresruimte -- een fisiese adres en een of meer virtuele adresse kan almal na dieselfde fisiese greep in RAM verwys.