Afrihost
Afrihost is een van die vier grootste internetdiensteverskaffers in Suid-Afrika, met hul hoofkantoor in Johannesburg en is in Augustus 2000 gestig. Afrihost was een van die eerstes wat in die ADSL-prysoorlog in 2009 hul pryse van die algemene R70 per gigagreep na onder R30 per gigagreep vir ADSL-dataverbindings verlaag het, saam met ander diensverskaffers soos Axxess, Web Africa en G-Connect.[1]
Afrihost | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | Augustus 2000 |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Gian Visser (Hoof- uitvoerende beampte) Brendan Armstrong Greg Payne Angus McRobert Dean Suchard Peter Meintjes (voormalig) |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Telekommunikasie |
Dienste | ADSL, Breëbanddienste, Web Hosting, Internet periferieapparatuur |
Webwerf | afrihost.com |
Die hoof- uitvoerende beampte in 2017 was Gian Visser.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf
- (en) Afrihost op Twitter