Akkedisvalk
Die Akkedisvalk (Kaupifalco monogrammicus) is 'n roofvoël. Dit behoort aan die familie Accipitridae.
Akkedisvalk | |
---|---|
Akkedisvalk in Etosha Nasionale Park, Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Kaupifalco Bononderskeie, 1854
|
Spesie: | K. monogrammicus
|
Binomiale naam | |
Kaupifalco monogrammicus (Temminck, 1824)
|
Die akkedisvalk kom in tropiese gebiede van Afrika suid van die Sahara voor. Dit kom in die oop bosveld en bou 'n stoknes in die vurk van 'n boom of die kroon van 'n palmboom. Die broeisel is 2 tot 3 eiers.
Die akkedisvalk is 'n kleinerige bonkige roofvoël en ongeveer 36 cm in lengte. Die rugkant, kop en bors is grys. Daar is 'n vertikale swart lyn op die wit keel, wat hierdie spesie van alle ander roofvoëls onderskei. Die pens is wit met fyn donker dwarsstrepe. Die vlerke is wit onder met donker punte. Die stert is swart met 'n wit punt en 'n enkele wit band. Die geslagte lyk eenders.
Die akkedisvalk jag hoofsaaklik reptiele en groot insekte, maar ook klein soogdier en voëls. Dit sit dikwels stil in die kruin van 'n palmboom of op 'n telegraafpaal. Die roep is 'n gefluite kloe-kloe-kloe.
Foto's
wysig-
Akkedisvoël in aanhouding.
-
'n Akkedisvalk in Kenia.
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Kaupifalco monogrammicus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012. 1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 24 Januarie 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
- Birds of The Gambia by Barlow, Wacher and Disley, ISBN 1-873403-32-1
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Lizard Buzzard - Species text in The Atlas of Southern African Birds
- http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=3EEB66EDF52A873B
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kaupifalco monogrammicus. |