Alhambra-bioskoop, Kaapstad
Die Alhambra-bioskoop, ook bekend as die Alhambra-teater, was ’n teater in Riebeeckstraat, Kaapstad, wat in 1929 in gebruik geneem is.
Die Alhambra-bioskoop. | ||
Ander name | Alhambra-teater | |
Stad of dorp | Kaapstad | |
Land | Suid-Afrika | |
Geopen | 1929 | |
Gesluit | 1972 |
Geskiedenis
wysigDie Alhambra is in 1928 gebou vir die African Consolidated Theatres deur Harry Stodel. Dit is beskryf as Suid-Afrika se beste "atmosferiese teater".[1] Dit het ’n unieke Wurlitzer-teaterorrel-en-musieksentrum gehad wat ook talle klanke kon naboots.[2] Dit is in 1929 in gebruik geneem en was jare lank een van Kaapstad se grootste teaters.
Toneelstukke en musiekspele is ook vier dekades lank in die teater opgevoer. Van die bekende kunstenaars wat hier opgetree het, is Marlene Dietrich,[3] Nellie du Toit,[4] Angelo Gobbato[5] en Phyllis Spira.[6]
Die enigste Afrikaans geselskap wat hier opgetree het, volgens André Huguenet, was sy geselskap met Is Jy ’n Bokryer in die 1940's.[1] Dit is ook soms deur Kruik gebruik.
Die gebou is in Januarie 1972 gesluit en in 1974 gesloop.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 3 Maart 2013
- ↑ Eertydse Alhambra teater se Wurlitzer-orrel aan Nico Malan Opera geskenk, Die Burger, 2 Desember 1995 Geargiveer 5 Oktober 2015 op Wayback Machine URL besoek op 3 Maart 2013
- ↑ Nie Sophia nie, Beeld, 8 Oktober 2010 URL besoek op 3 Maart 2013
- ↑ Nellie du Toit gee klas by Truk, Beeld, 20 Januarie 1995 Geargiveer 5 Oktober 2015 op Wayback Machine URL besoek op 3 Maart 2013
- ↑ Cape Town Opera Geargiveer 12 Maart 2013 op Wayback Machine URL besoek op 3 Maart 2013
- ↑ Main choreographies by Marina Keet op Grut Books URL besoek op 3 Maart 2013