Alloway
Alloway (Skots-Gaelies: Allmhaigh [aɫ̪avaj]) is 'n beskermde nedersetting in South Ayrshire, Skotland, drie myl suid van Ayr geleë, wat tans administratief aan die nabygeleë Ayr behoort. Die nedersetting staan veral bekend as die geboorteplek van Skotland se nasionale digter, Robert Burns, waaraan hy sy gedig Tam o' Shanter gewy het. 'n Ander bekende boorling van Alloway is die messelaar Tobias Bachope wie se werk Hopetoun House, Craigiehall en Kinross House insluit.
Alloway Allmhaigh | |
---|---|
Koördinate: 55°25′48″N 4°38′9″W / 55.43000°N 4.63583°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Skotland |
Council area | South Ayrshire |
Hoogte | 0,2 m (,6 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 245 |
Tydsone | UTC+0:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+1:00 (BST) |
Poskode | KA7 |
Skakelkodes | 01292 |
Die historiese dorpie Alloway en sy omgewing is in 1935 by die vroeëre Royal Burgh of Ayr ingesluit. Dit is tans 'n voorstad van Ayr, 'n groot nedersetting aan die Doonrivier (River Doon).