Doringaalwyn
aalwyn spesie
(Aangestuur vanaf Aloe aculeata)
Die doringaalwyn (Aloe aculeata) is 'n aalwyn wat voorkom in Mpumalanga, Limpopo, Zimbabwe en Botswana.
Doringaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. aculeata
|
Binomiale naam | |
Aloe aculeata Pole-Evans, (1915)
|
Die plant kom voor vanaf 500 tot by 1 700 m, word tot 1 m hoog, is droogtebestand maar sensitief vir ryp. Die blom is geel tot oranje-rooi en word tot 400 mm hoog. Die blare word tot 120 mm breed op die basis.
Trivia
wysig'n Afbeelding van hierdie aalwyn het op die agterkant van die RSA 10-sent muntstuk verskyn van 1965-1989.