Aloe parviflora

plantspesie

Aloe parviflora is 'n aalwyn wat endemies aan KwaZulu-Natal is en kom tussen Cato Ridge en Pinetown voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 120 km² en daar is 'n geskatte ses tot tien subpopulasies. Die spesie het reeds 74% van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling. Dié bedreiging bestaan steeds en ander bedreigings is indringerplante en 'n gebrek aan brandbestuursprogram.

Aloe parviflora
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A. parviflora
Binomiale naam
Aloe parviflora
Baker, 1901

Sien ook

wysig

Bronne

wysig