Rotsaalwyn
plant spesie
(Aangestuur vanaf Aloe petricola)
Die rotsaalwyn (Aloe petricola) is 'n spesie van die genus Aloe en is endemies aan Mpumalanga.[1] Die aalwyn is gewoonlik stamloos met die blare wat op grondvlak 'n roset om die stam vorm. Die plant word tot 600 mm hoog. Die blare is breed onder en smal aan die bokant. Daar is tande op die blaarrant wat tot 5 mm lank word.
Rotsaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloidendron |
Spesie: | A. petricola
|
Binomiale naam | |
Aloidendron petricola Pole-Evans, 1917
|
Die blomme vorm in Julie tot Augustus, is tweekleurig en word tot 30 mm lank. In Engels staan die aalwyn bekend as die Rock aloe.