Teeleend

voëlspesie
(Aangestuur vanaf Anas capensis)

Die teeleend (Anas capensis) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.

Teeleend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. capensis
Binomiale naam
Anas capensis

Identifikasie

wysig

Grootte: 44–48 cm. Hierdie eend is die vaalste eend wat in Suid-Afrika voorkom. Die teeleend is hoofsaaklik grys met 'n bruin rug en pienk op die snawel. Die eend het 'n gespikkelde kop. Jong voëls besit nie die rooskleurige kleur op die snawel nie.

Habitat

wysig

Die habitat is oop areas van vars- sowel as soutwater. Hulle verkies vlak water en kom in klein swerms voor.

Dieet

wysig

Voedsel bestaan uit waterplante sowel as klein ongewerwelde gediertes.

Broeigewoontes

wysig

Die nes is altyd op die grond, naby die water en uitgevoer met dons.

Verspreiding

wysig

Die teeleend kom in die meeste dele van Suidelike Afrika voor, maar hoofsaaklik in die droë weste van die streek. Veral Wes-Kaapland.

Geluid

wysig

Die mannetjie-eend uiter 'n duidelike fluit, maar die wyfie-eend 'n sagte kwêk.

Ander name

wysig
  • Engelse naam: Cape Teal
  • Wetenskaplike naam: Anas capensis

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig