Pienk is 'n ligte rooi kleur, wat sy naam verkry van die blom van Dianthus caryophyllus, 'n pienk angelier.[1][2] Volgens opnames wat in Europa en die Verenigde State van Amerika gedoen is, is pienk, veral wanneer dit gekombineer word met wit of ligblou, die kleur wat mees algemeen geassosieer word met vroulikheid, sensitiwiteit, sagtheid, kinderjare en die romantiese. Maar, wanneer dit gekombineer word met pers of swart, hou dit verband met die erotiese en verleiding.[3]
Pienk is die eerste keer in Engels as 'n kleurnaam gebruik in die laaste deel van die 17de eeu.[4]
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word pienk as volg voorgestel:
Bron: HTML/CSS[5]
Variasies en gebruike
Variasies van pienk kan as volg voorgestel word:
Medium rooipienk
|
Donkerrooi-oranjepienk
|
Dowwe pienk
|
Mediumhelder oranjepienk
|
Mooi dowwe pienk
|
Ligte dowwe pienk
|
|
|
|
|
|
|
#FF6666
|
#CC6666
|
#FFCCCC
|
#FF9999
|
#E6B2B2
|
#ffc0c0
|
-
Die kleur pienk ontleen sy naam van 'n pienk blom, 'n lid van die genus Dianthus.
-
Meeste Europese tale noem
pienk roos of
rosa na die
roosblom.
-
Kersiebloeisels in Senai,
Japan. Die Japannese taal gebruik verskillende woorde vir die pienk van kersiebloeisels (
sakura-iro) en perskebloeisels (
momo-iro).
-
Pienk word verbind met die eksotiese.
Grootflaminke in vlug oor die Pocharammeer in Andhra Pradesh,
Indië.
-
'n 1963 pienk Cadillac trek aandag weens sy uitspattige kleur.
-
Pienk saam met wit simboliseer gewoonlik jeug, teerheid en onskuldigheid.
-
Pienk lipstiffie trek aandag en harmoniseer met velkleur, kleredrag en mode-bykomstighede.
Sien ook
Verwysings
- ↑ Shorter Oxford English Dictionary, 5th Edition, Oxford University Press.
- ↑ Webster New World Dictionary, Third College Edition: "Any of a genus (Dianthus) of annual and perennial plants of the pink family with white, pink or red flowers.; its pale red color."
- ↑ Heller, Eva: Psychologie de la couleur – effets et symboliques, pp. 179-184
- ↑ "Pink", Oxford English Dictionary Online
- ↑ "W3C TR CSS3 Color Module, HTML4 color keywords" (in Engels). W3.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 11 September 2013.
Eksterne skakels
Notas