Angerdorf
'n Angerdorf (Duits; Nederlands: brinkdorp) is 'n tradisionele Europese dorpsvorm wat planmatig rondom 'n sentrale meent of plein, die sogenaamde Anger, aangelê is en sodoende die vorm van 'n oog het. Die sentrale meent of plein was in gemeenskaplike besit van die dorpsbewoners en het dikwels as weiveld gedien of is met openbare geboue soos raadsale en kerke bebou.
Angerdorf-nedersettings kom in Sentraal-Europa veral op grondmoreneplate of in gebiede met loessgrond voor, in Duitsland hoofsaaklik in Oos- en Oos-Middelduitsland. Veral in die middeleeue, toe Duitse setlaars hulle in gebiede oos van die oorspronklike Duitse taalgebied gevestig het, is nuwe nedersettings dikwels as Angerdörfer aangelê en word onder meer in Wes-Hongarye aangetref (so in die Burgenlandse Loretto, die grootste natuurlike Anger in Europa), maar ook in Wes-Europa (Lotaringe naby die Duits-Franse taalgrens en Noord-Engeland, byvoorbeeld Maud's Meaburn).
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Die plattegrond van Alt-Marzahn, 'n tipiese Angerdorf in die Mark Brandenburg, tans in Berlyn Geargiveer 22 November 2011 op Wayback Machine
- berlin.de: Lugfoto van Alt-Marzahn Geargiveer 16 November 2011 op Wayback Machine