Apatesia pillansii
Plantspesie
Die vetkousie (Apatesia pillansii) is 'n vetplant in die vygiefamilie wat inheems aan Suid-Afrika is en kom in die Wes-Kaap voor waar dit op die duine aan die Weskus groei. Die spesie is 'n jaarplant wat tot 15 cm hoog word en is deel van die fynbos-bioom. Die plant blom in September en Oktober, die blomme is geel.
Vetkousie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Apatesia |
Spesie: | A. pillansii
|
Binomiale naam | |
Apatesia pillansii N.E.Br. 1927
|
Bronne
wysig- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4