Windswaelagtiges
(Aangestuur vanaf Apodiformes)
Windswaelagtiges (Apodiformes) is 'n orde van voëls waaraan die windswaels en kolibries behoort. Spesies in die orde het lang, smal vlerke en kort pote. Meer as 450 spesies is al geïdentifiseer, wat hulle naas sangvoëls (Passeriformes) die mees diverse orde van voëls maak. In die Sibley-Ahlquist-taksonomie word die orde verhef tot 'n superorde, Apodimorphae, waar die kolibries in 'n aparte orde, Trochiliformes geplaas word.
Apodiformes | |
---|---|
Archilochus colubris | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
(geen rang): | |
Orde: | Apodiformes Peters, 1940
|
Families | |
Apodidae | |
Verspreiding van windswaels en kolibries. | |
Sinonieme | |
Apodimorphae |
Taksonomie
wysigOrde Apodiformes:
- Familie Apodidae (Windswaels)
- Familie Hemiprocnidae (Boomwindswaels)
- Familie Trochilidae (Kolibries)
Daar is ook twee uitgestorwe families wat aan die orde behoort:
- Familie Aegialornithidae (fossiel)
- Familie Jungornithidae (fossiel)
-
'n Bruinwindswael.
-
Fossiel van 'n Parargornis messelensis.