Archelaos
Archelaos (Grieks: ο Αρχέλαος) was van 36 v.C tot 17 n.C die laaste koning van Kappadosië. Hy was die seun van Archelaos III, die hoëpriester van Comana.
Archelaos | |
---|---|
Koning van Kappadosië | |
’n Muntstuk van Archelaos.
| |
Tydperk | 36 v.C. – 17 n.C. |
Grieks | Ἀρχέλαος |
Huis | Ariathide |
Voorganger | Ariarathes X |
Opvolger | Geen |
Vader | Archelaos III |
Moeder | Glaphyra |
Geboorteplek | Kappadosië in Klein-Asië |
Oorlede | 17 n.C. |
Sterfteplek | Rome, Romeinse Republiek |
Geloof | Griekse mitologie |
Hy het koning Ariarathes X opgevolg nadat Marcus Antonius hom in 36 v.C. koning gemaak het. Die keiser van die Romeinse Republiek Augustus het sy koninkryk vergroot. Hy was egter nie baie gewild onder sy onderdane nie en hulle het hom selfs in Rome verkla, waar hy deur die latere keiser Tiberius verdedig is.
Nadat Tiberius keiser geword het, het hy Archelaos daarvan beskuldig dat hy ’n rewolusie wou aanvuur, en hy is in gevangenskap in Rome dood. Kappadosië het toe ’n Romeinse provinsie geword.
Bronne
wysig- Bennett, Chris. Egyptian Royal Genealogy – Ptolemaic Dynasty, 2005. Beskikbaar by http://www.geocities.com/christopherjbennett/ptolemies/ptolemaic_contents.htm Geargiveer 21 November 2004 op Wayback Machine, besoek 5/12/2005.
- Dodson, Aiden, en Hilton, Dylan. Complete Royal Families of Ancient Egypt, Londen: Thames & Hudson, 2004.
- Wagner, Anthony. Pedigree and Progress, Essays in the Genealogical Interpretation of History, Londen, Philmore, 1975.
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia