Argyroderma theartii
Plantspesie
Argyroderma theartii is 'n meerjarige vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die noordelike Knersvlakte voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 30 km² en daar is slegs twee subpopulasies bekend. Die spesie word as seldsaam beskou.
Argyroderma theartii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Argyroderma |
Spesie: | A. theartii
|
Binomiale naam | |
Argyroderma theartii van Jaarsv., (1997)
|