Arica
Arica (Spaans: [aˈɾika]) is 'n hawestad van Chili aan die Stille Oseaan en die hoofstad van die noordelike Chileense streek Arica y Parinacota. Arica is ook 'n munisipaliteit in die provinsie Arica. Die stad lê 18 kilometer suid van die grens met Peru en vorm die hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die bynaam van die stad is "stad van die ewige lente". Arica het 'n bevolking van 222 619 in 2017 gehad.
Arica | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 18°28′0″S 70°18′0″W / 18.46667°S 70.30000°W | |
Land | Chili |
Streek | Arica y Parinacota |
Provinsie | Arica |
Stigting | 1541 |
Regering | |
• Burgemeester | Salvador Urrutia (PRO) |
Oppervlak | |
• Stad | 4 799,4 km2 (1 853,1 vk. myl) |
Hoogte | 2 m (7 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 222 619 |
• Digtheid | 46/km2 (120/vk. myl) |
• Stedelik | 175 441 |
Tydsone | UTC-4 (CLT) |
• Somertyd | UTC-3 (CLST) |
Poskode | 1000000 |
Skakelkodes | +56 58 |
Webwerf | muniarica.cl |
Die stad was deel van Peru tot Chileense troepe dit in 1880 tydens die Salpeteroorlog verower het. Een van die bekendste gebeurtenisse tydens hierdie oorlog was die verowering van die Morro de Arica ("Kaap Arica") by die stad. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arica.
- (en) Toerisme-inligting oor Arica op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf