Maak hoofkeuseskerm oop

Asbes is 'n delfbare mineraal wat in verskeie vorms voorkom. Die mineraal is draderig en onbrandbaar. In Suid-Afrika kom asbes voor as krosidoliet of blouasbes, serpentynasbes, amosiet of witasbes, en tremoliet. Asbes word verwerk om onder andere gegolfde dakplate te maak, geute en afvoerpype, voorskote vir fabriekswerkers en remskoene. Asbes is 'n karsinogeen, 'n kankerwekkende stof. Asbes staan ook bekend as garingklip.

Persone wat landurig blootgestel word aan asbesstof onwikkel later asbestose, 'n kanker in die longe.

Een van die bekendste asbesmyne in Suider-Afrika is die Havelockmyn met sy kabelspoor te Bulembu in eSwatini. Die myn is gesluit.

BronWysig