Aspalathus amoena
plantspesie
Aspalathus amoena is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei, noord van Rawsonville, voor. Die plant is deel van die fynbos en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 6 km². Daar is tans slegs drie klein subpopulasies oor, al drie subpopulasies het minder as tien plante. Die plant het 86% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing soos die aanplant van sitrusboorde en wingerde. Indringerplante soos Acacia-spesies is ook 'n bedreiging.
Aspalathus amoena | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. amoena
|
Binomiale naam | |
Aspalathus amoena (R.Dahlgren) R.Dahlgren, (1988)
|
Die plant het een subspesie: Aspalathus retroflexa subsp. amoena R.Dahlgren