Aspalathus dasyantha
plantspesie
Die molbossie (Aspalathus dasyantha) is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die kusvlakte suid van Riversdal en Albertinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 451 km² en vorm deel van die fynbos en Hartenbos-strandveld. Die plant word bedreig deur indringerplante, veral die acacia-spesies.
Molbossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. dasyantha
|
Binomiale naam | |
Aspalathus dasyantha | |
Sinonieme | |
|