Aspalathus lactea
plantspesie
Aspalathus lactea is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Hexriviervellei tot by die Warmwatersberg, noord van Barrydale, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2000 km² en is deel van die fynbos. Die plant het habitat verloor in die noordelike gedeelte van sy voorkomsgebied, die Hexriviervallei. Hier word dit as plaaslik uitgestorwe beskou. Die subpopulasies tussen die Hexrivierpas en Touwsrivier daal ook tans maar die subpopulasies tussen Montagu en Barrydale is stabiel.
Aspalathus lactea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. lactea
|
Binomiale naam | |
Aspalathus lactea Thunb., (1800)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant het twee subspesies:
- Aspalathus lactea subsp. breviloba R.Dahlgren
- Aspalathus lactea subsp. lactea