Audi 50
Die Audi 50 (intern bekend as die Typ 86) was 'n supermini ekonomiese motor vervaardig in 1974-1978 deur die Duitse vervaardiger Audi en is net in Europa verkoop. Dit is twee of drie jaar na die Italiaanse Fiat 127 en die Franse Renault 5 bekendgestel, en was Duitsland se eerste bydrae tot die opkomende Europese "supermini" klas.[3]
Audi 50 in die Audiforum, Ingolstadt | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Audi NSU Auto Union AG |
Produksie | 1974-1978 180 812 gebou[1] |
Montering | Neckarsulm, Duitsland Wolfsburg (deur Volkswagen) |
Ontwerper | Claus Luthe |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Supermini |
Bakstyl | 3-deur luikrug |
Uitleg | Dwarsgemonteerde voorenjin, voorwieldryf |
Platform | Volkswagengroep A01 platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 0.9 L (L), 1.1 L (LS) of 1.3 L(GLS) inlynviersilinder bonokas |
Ratkas | 4-gang handratkas |
Lengte | 3510 mm |
Breedte | 1560 mm |
Hoogte | 1340 mm |
Asafstand | 2335 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | NSU Prinz |
Opvolger | Audi A1[2] |
Variante | Volkswagen Polo Mk1 |
Die Audi 50 is deur Audi NSU Auto Union AG by die voormalige NSU fabriek in Neckarsulm, Duitsland gebou en by die reuse Wolfsburgaanleg deur Volkswagen.[4] Die motor is ses maande later deur Volkswagen geherkenteken en as die Volkswagen Polo Mk1 bemark, met 'n groter verskeidenheid enjins en ander opsies.[5] Die Volkswagen Polo is in September 1974 [3] plaaslik in Duitsland van stapel gestuur en 'n paar maande later in uitvoermarkte, insluitend die Verenigde Koninkryk.
Verwysings
wysig- ↑ Werner Oswald: Deutsche Autos 1945-1990, vol. 4, ISBN 3-613-02131-5, p. 263
- ↑ "Audi A1 vs Audi 50" (in Engels). Auto Express. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2012. Besoek op 26 Februarie 2011.
- ↑ 3,0 3,1 "Oldtimer Katalog". Nr. 23. Königswinter: HEEL Verlag GmbH. 2009: Seite 44 u. 358. ISBN 978-3-86852-067-5.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ "A History of Audi: The 1970s" (PDF). audi.co.uk. Audi. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Januarie 2012. Besoek op 23 November 2010.
- ↑ "News: Audi 50". Autocar. 141 (nbr4065): 29. 21 September 1974.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |