Neckarsulm
Neckarsulm is 'n stad in die noorde van Baden-Württemberg, Duitsland, naby Stuttgart, en deel van die distrik Heilbronn. Teen 2013 het dit 25 762 inwoners gehad.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Koördinate | 49°12′N 9°13′O / 49.200°N 9.217°O |
Stigting (eerste verwysing) | 771 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 24,9 vk km |
Hoogte bo seevlak | 162 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 25 762[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 063/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Joachim Scholz |
Amptelike Webwerf | www.neckarsulm.de |
Die riviere Neckar en Sulm sluit hier bymekaar aan, vanwaar die naam "Neckar's Ulm", soos dit gereeld misverstaan of foutiewelik uitgespreek word, wat 'n Neckarse "weergawe" van Ulm sou beteken, wat egter aan die Donou geleë is.
Die voormalige NSU Motorenwerke AG was hier geleë, maar behoort vandag aan Audi. Verder is Audi se quattro GmbH ook hier geleë, en nie in Ingolstadt nie.