Neckar
Die Neckar is 'n rivier in Baden-Württemberg en Hesse in Duitsland. Die rivier ontstaan in die natuurbeskermingsgebied "Schwenninger Moos" by Villingen-Schwenningen en die monding is na 367 km by Mannheim in die Ryn. Van Mannheim tot by Plochingen is die rivier deur skepe bevaarbaar, en is naas die Ryn- en die Mainriviere die enigste landwaterweg (Bundeswasserstraße) in Baden-Württemberg. Daar is hawens by Mannheim, Heilbronn, Stuttgart en Plochingen. Die rivier se opvangsgebied is ongeveer 14 000 km².
Neckar | |
---|---|
Die Neckar naby Heidelberg.
| |
Die stroomgebied van die Neckar.
| |
Stroomgebied | Baden-Württemberg en Hesse, Duitsland |
Oorsprong | Schwenningen (Duitsland) |
Monding | Mannheim, Duitsland Ryn |
Lengte | 367 km (228 myl) |
Oorsprong-hoogte | 706 m (2 316 voet) |
Monding-hoogte | 97 m (318 voet) |
Gemiddelde afloop | 145 m³/s (5 100 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 14 000 km² (5 400 myl²) |
Koördinate: 49°30′43″N 8°26′14″O / 49.51194°N 8.43722°O | |
Kaart van die Neckar-bekken in Europa.
|
Sytakke van die Neckar
wysigStede langs die Neckar
wysigVan die bron tot die monding:
- Villingen-Schwenningen
- Rottweil
- Sulz am Neckar
- Horb am Neckar
- Rottenburg am Neckar
- Tübingen
- Nürtingen
- Plochingen
- Esslingen am Neckar
- Stuttgart
- Marbach am Neckar
- Besigheim
- Heilbronn
- Mosbach
- Eberbach
- Heidelberg
- Mannheim
Wikimedia Commons bevat media in verband met Neckar. |