Aurangabad[1] (Marathi: औरंगाबाद, Auraṅgābād, , van Persies: اورنگ آباد, Aurang-Ābād, "Aurangzeb se stad"), amptelik bekend as Chhatrapati Sambhaji Nagar (Marathi: छत्रपती संभाजीनगर),[2] ook gespel Chhatrapati Sambhajinagar,[3] is 'n histories beduidende stad in die Indiese deelstaat Maharashtra met 'n bevolking van 1 171 330 in 2011.

Chhatrapati Sambhaji Nagar

छत्रपती संभाजीनगर

Aurangabad
Stad
Kranti Chowk in Chhatrapati Sambhajinagar.
Kranti Chowk in Chhatrapati Sambhajinagar.
Chhatrapati Sambhaji Nagar is in Indië
Chhatrapati Sambhaji Nagar
Chhatrapati Sambhaji Nagar
Ligging in Indië
Koördinate: 19°47′00″N 75°17′00″O / 19.78333°N 75.28333°O / 19.78333; 75.28333
LandVlag van Indië Indië
DeelstaatMaharashtra
StreekMarathwada
DistrikChhatrapati Sambhaji Nagar
Stigting1610
Regering
 • AfdelingskommissarisSanjeev Jaiswal
Oppervlak
 • Totaal300 km2 (100 vk. myl)
Hoogte
513 m (1 683 ft)
Bevolking
 • Totaal1 171 330
 • Digtheid3 900/km2 (10 000/vk. myl)
TydsoneUTC+5:30 (IST)
Poskode
431 XXX
Skakelkodes0240
Webwerfaurangabadmahapalika.org

Die stad is in 1610 deur Malik Ambar as Kharki gestig. In 1626 het sy seun Fateh Khan die stad na Fatehnagar hernoem. Tussen 1682 en 1707 het die stad gedien as setel van die Mogoelkeiser Aurangzeb en is ná hom genoem. Die Bibi-Ka-Maqbara, 'n replika van die Taj Mahal, is deur sy seun Azam Shah vir sy moeder Dilras Banu Begum as mausoleum opgerig. Die Ajanta- en Ellora-grotte asook die Bibi-Ka-Maqbara is Unesco-wêrelderfenisgebiede. Die stad is hernoem na Chhatrapati Sambhaji Maharaj, die tweede Chhatrapati (Grootkoning) van die Maratha-ryk.

Verwysings

wysig
  1. (en) "Eknath Shinde renames Aurangabad as Sambhajinagar again, says 'legal' this time". Hindustan Times. 16 Julie 2022. Besoek op 10 April 2023.
  2. (en) "Aurangabad and Osmanabad finally renamed as Chhatrapati Sambhaji Nagar and Dharashiv". The Indian Express. 24 Februarie 2023. Besoek op 10 April 023. {{cite web}}: Gaan datum na in: |accessdate= (hulp)
  3. (en) "Will changing names of places resolve issues like unemployment, asks AIMIM leader". ThePrint. 25 Februarie 2023. Besoek op 10 April 2023.

Eksterne skakels

wysig