Australopithecus bahrelghazali

Australopithecus bahrelghazali is hominienfossiele wat in 1995[1] deur die paleontoloog Michel Brunet in Tsjad ontdek is. Brunet het dit "Abel" gedoop. Die wetenskaplike naam is KT-12/H1.

Australopithecus bahrelghazali
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A. bahrelghazali
Binomiale naam
Australopithecus bahrelghazali
(Michel Brunet et al., 1995)

Die fossiele is sowat 3,6 miljoen jaar oud[2] en bestaan uit verskeie stukke kakebene en tande.

Die onderkaak toon ooreenkomste met die gebit van Australopithecus afarensis; dit laat sommige wetenskaplikes glo dit is nie ’n aparte spesie nie, maar behoort tot A. afarensis.

Verwysings

wysig
  1. Brunet, Michel, Beauvilain, Alain, Coppens, Yves, Heintz, Emile, Moutaye, Aladji H.E., en David Pilbeam. 1995. Nature 378: 273-275.
  2. Anne-Elisabeth Lebatard, Didier L. Bourlès, Philippe Duringer, Marc Jolivet, Régis Braucher, Julien Carcaillet, Mathieu Schuster, Nicolas Arnaud, Patrick Monié, Fabrice Lihoreau, Andossa Likius, Hassan Taisso Mackaye, Patrick Vignaud en Michel Brunet (2008) Cosmogenic nuclide dating of Sahelanthropus tchadensis and Australopithecus bahrelghazali: Mio-Pliocene hominids from Chad. Proc. Nat. Acad. Sci. U.S.A., 105(9): 3226-3231

Eksterne skakels

wysig