Avro Shackleton
Die Avro Shackleton was 'n Britse langafstand-maritieme patrollievliegtuig vir gebruik deur die Britse Lugmag (RAF) en die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM). Dit is ontwikkel deur Avro uit die Avro Lincoln bomwerper, self 'n ontwikkeling van die beroemde Avro Lancaster bomwerper. Die tipe se nooiensvlug was in 1949 en is vernoem na die Suidpool-ontdekkingsreisiger Sir Ernest Shackleton.
Avro Shackleton | |
---|---|
Tipe | Maritieme patrollievliegtuig |
Vervaardiger | Avro |
Nooiensvlug | 9 Maart 1949 |
Vrygestel | April 1951 |
Onttrek | 1990 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Britse en Suid-Afrikaanse Lugmagte |
Vervaardig | 1951-1958 |
Aantal gebou | 185 |
Ontwikkel van | Avro Lincoln |
Aanvanklik (1958-1970) is dit slegs gebruik vir opsporing en bestryding van duikbote, maar in die tydperk 1957 tot 1984 ook as maritieme patrollievliegtuig in die lugmag van Suid-Afrika.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 4 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Rolls-Royce Griffon 57A V-12 |
Kraglewering per motor | 2 455 perdekrag |
Vlerkspan | 36,58 m |
Lengte | 26,59 m |
Hoogte | 5,1 m |
Vlerkoppervlakte | 132 m2 |
Maks. opstygmassa | 39 044 kg |
Maks. snelheid | 500 km/h |
Operasionele hoogte | 6 405m |
Togafstand: | 5 440km |
Klimvermoë | 260 m per minuut |
Bewapening | Twee 20 mm masjiengewere in neus- en stertskiettorings. maks. bomvrag van 8 172 kg. |
Ongeluk
wysigOp 8 Augustus 1963 het 'n Shackleton (reg. 1718/K) van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Stettynsberge vas gevlieg en al 13 bemanningslede sterf.[1]