Die Suid-Afrikaanse Lugmag is die lugkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag. Die lugmag staan amptelik bekend as die South African Airforce (SAAF) met sy hoofkwartier in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is op 1 Februarie 1920 gestig.

Suid-Afrikaanse Lugmag
Gestig 1 Februarie 1920
Land Suid-Afrika
Onderdeel van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Tipe Lugmag
Spesialisasie Lugoppergesag, Lugverdediging
Aantal lede 160 000 personeel (2012)
Veldslae Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Suid-Afrikaanse Grensoorlog
Namibiese Onafhanklikheidsoorlog

Die lugmag het in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse oorlog diens gedoen. Vanaf 1966 was die lugmag betrokke by die verskaffing van infanterie-ondersteuning in 'n oorlog met 'n lae intensiteit ("die Grensoorlog") in Angola, Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië. Namate die oorlog gevorder het, het die intensiteit van lugoperasies toegeneem totdat die lugmag in die laat tagtigerjare verplig was om vegvliegtuie teen Angolese vliegtuie in te span om taktiese meerderwaardigheid in die lug te handhaaf. Na afloop van die Grensoorlog in 1990 is die getalle van die vliegtuie drasties verminder as gevolg van finansiële druk en die staking van vyandelikhede met buurstate.

Die SAAF het deesdae 'n beperkte luggevegsvermoë en is gestruktureer vir vredesbewaring, ramphulp en maritieme patrollie. Gedurende die apartheidsera was dit ook bekend onder die Afrikaanse naam Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), 'n afkorting wat nie meer algemeen gebruik word nie.

Huidige lugvaartuieWysig

Lugvaart Oorsprong Rol Aantal gebruik Notas
Saab Gripen C and D   Multi-rol vegter 26 [1][Nota 1]
British Aerospace Hawk Mk.120  /  Opleiding / Ligte aanval 24 [Nota 2]
Pilatus PC-7 Mk.II   Opleiding 60 [Nota 3][2]
Atlas Oryx MK.I & MK.II   Vervoer helikopter 38 [3]
Denel Rooivalk Mk.I   Aanvalshelikopter 11 [Nota 4][5]
MBB/Kawasaki BK 117  /  Nutshelikopter 3-6 [6][Nota 5]
Agusta A109 LUH   Nutshelikopter 29
Westland Super Lynx Mk.300   Maritieme helikopter 4 [Nota 6]
Lockheed C-130BZ Hercules   Vervoer 9 [Nota 7]
Douglas C-47TP Dakota   Maritieme patrollie / vervoer / EW 10 [Nota 8]
Cessna 208B   Nuts / waarneming 11 [Nota 9][9]
Beechcraft Super King Air 200/300   Vervoer 4
Pilatus PC-12   Vervoer 1 [Nota 10]
CASA C-212-200 & 300 Aviocar   Vervoer 3
Boeing 737   Presidensiële vervoer 1
Dassault Falcon 900   BBP vervoer 1
Dassault Falcon 50   BBP vervoer 2
Cessna 550 Citation   BBP vervoer 2

LugmagvaandelWysig

RondeelWysig

GaleryWysig

NotasWysig

  1. 9 Gripen D met tweesitplekke en 17 Gripen met enkelsitplekke afgelewer van 2008-2012, vervang die Atlas Cheetahs.
  2. Alle vliegtuie behalwe die vlugtoets en ontwikkelingsvliegtuie gebou by Denel se fabriek by O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
  3. 35 se avionika word opgegradeer. Sewe verloor. 18 "Astras" was nie opgegradeer nie en sal verkoop word
  4. 1 verloor in ongeluk.[4]
  5. Bekom van die apartheidsera-tuislande, die Ciskei het 3 in 1983, Venda 2 in 1985, Transkei 2 in 1986 en Bophuthatswana 2 in 1987 bekom, dit kom te staan op 'n totaal van 10 met 'n ekstra een bekom van Brasilië. Twee word bewaar by AFB Bloemspruit. 3 Verlore
  6. Opereer van die Suid-Afrikaanse Vloot Valour klas Fregatte.
  7. Avionika word opgegradeer in terme van Projek Ebb afgehandel in Maart 2008. 4 kan nie gebruik word nie weens befondsing probleme.
  8. In terme van Projek Felstone, is die eerste C-47TP "TurboDak" in Augustus 1991 vrygestel en voltooi teen 1997 met produksielyne by AFB Swartkop en AFB Ysterplaat. 5 maritieme patrollies, 3 vervoer, 2 elektroniese oorlogvoering.
  9. Word toegerus met die Denel infrarooi stelsel onder Project Koiler in 2008. Twee verloor in 2011 en 2014.[7][8]
  10. Primêr gebruik vir BBP vervoer.

VerwysingsWysig

  1. DefenceWeb - Gripens arrive at last.
  2. Martin, Guy (September 2013). “SAAF PC-7 Upgrade Complete”. Air International 85 (3).
  3. South Africa. defenceWeb. URL besoek op 2014-06-25.
  4. "The South African Air Force". Saairforce.co.za. Besoek op 2013-03-15.
  5. Final Rooivalk Handover Cements Relationship Between Denel and SAAF - Defenceweb.co.za, 13 March 2013
  6. Isby, David C. (September 2013). “South African AW109's Grounded”. Air International 85 (3).
  7. "Caravan crash victims named". defenceWeb.co.za. defenceWeb. Besoek op 25 June 2014.
  8. DefenceWb - SAAF C208 crash-lands
  9. Fact file: Cessna C208 Caravan. defenceWeb (2010-02-01). URL besoek op 2014-06-25.

Eksterne skakelsWysig

Sien ookWysig