Azerbaijan Airlines-vlug 8243
Azerbaijan Airlines-vlug 8243 was 'n geskeduleerde internasionale passasiersvlug van Bakoe, Azerbeidjan, na Grozni, Rusland, wat deur Azerbaijan Airlines bedryf is. Op 25 Desember 2024 het die Embraer E190 wat die roete bedryf het naby Aqtau Internasionale Lughawe, Kasakstan, neergestort met 62 passasiers en 5 bemanningslede aan boord, volgens plaaslike bronne.[1][2][3][4]
Azerbaijan Airlines-vlug 8243 | |
---|---|
4K-AZ65, die vliegtuig wat in die ongeluk betrokke was, gefotografeer op 18 Junie 2016.
| |
Datum | 25 Desember 2024 |
Oorsaak | Noodlanding na lugafweer voorval |
Plek van ramp | Aqtau Internasionale Lughawe, Kasakstan |
Sterftes | 38 |
Beserings | 29 |
Vliegtuigtipe | Embraer E190AR |
Vliegtuigstertnommer | 4K-AZ65 |
Oorsprong | Bakoe, Azerbeidjan |
Bestemming | Grozni, Rusland |
Passasiers | 62 |
Bemanning | 5 |
Oorlewendes | 29 |
Russiese nuusagentskappe het gesê dat die vliegtuig van Bakoe na Grozni in die Russiese republiek Tsjetsjnië gevlieg het, maar weens mis in Grozni elders herlei is. Die vliegtuig het na bewering 7700 op sy transponder uitgesaai, wat 'n noodgeval aan boord aangedui het terwyl dit oor die Kaspiese See gevlieg het. Voorlopige verslae van Rusland se lugvaartowerheid het beweer dat die voorval moontlik deur 'n voëltrefslag veroorsaak is.[5][6] Oorlewendes het egter 'n ontploffing gerapporteer en vermoed ook dat skrapnel die vliegtuig getref het.[7][8] In totaal het 38 mense weens die ongeluk gesterf, insluitend albei vlieëniers; 29 mense het wel oorleef.[9][10][11][12]
Verwysings
wysig- ↑ "Azerbaijan Airlines plane crashes near Kazakhstan's Aktau airport". Sky News (in Engels). Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Dozens killed as passenger plane crashes in Kazakhstan". BBC News (in Engels (VK)). Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Passenger plane crashes in Kazakhstan, emergencies ministry says". The Guardian (in Engels (VK)). Reuters. 25 Desember 2024. ISSN 0261-3077. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Azerbaijan Airlines Plane Crashes In Kazakhstan". Barron’s (in Engels (VSA)). AFP. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Azerbaijan Airlines plane carrying 67 passengers crashes near Aktau during emergency landing". Dimsum Daily (in Engels (VSA)). 25 Desember 2024. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ Tayir, Hassan; Vlasova, Svitlana; Butenko, Victoria; Lilieholm, Lucas; Szekeres, Edward (25 Desember 2024). "Plane carrying 67 people crashes in Kazakhstan, officials say; more than 20 survive". CNN. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Air missile accident emerges as probable cause of crash tragedy". Euronews. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Growing evidence suggests Azerbaijan Airlines flight was targeted by missile strike". Türkiye Today. 25 Desember 2024. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Prosecutor General's Office: According to latest information, 32 people onboard the aircraft are alive and receiving treatment". Apa.az (in Engels). Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Survivors of the Aktau plane crash were sitting in the tail section of the plane". Interfax. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ "Azerbaijan Airlines plane crashes in Kazakhstan, many feared dead". Reuters. Besoek op 25 Desember 2024.
- ↑ Hradecky, Simon (25 Desember 2024). "Accident: Azerbaijan E190 near Aktau on Dec 25th 2024, touched down off runway". The Aviation Herald. Besoek op 25 Desember 2024.