BMW N74
Die BMW N74 is 'n dubbelturbo V12-petrolenjin wat die N73 vervang het en sedert 2008 vervaardig word. Produksie sal in 2023 gestaak word.[1] Dit is BMW se eerste turboaangedrewe V12-enjin en word ook in verskeie Rolls-Royce-modelle gebruik.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2008–tans |
Konfigurasie | 60° V12 |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 6.0 - 6.7 L |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC, met VVT |
Brandstoftipe | Petrol |
Turboaanjaer | Dubbelturbo |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N73 |
Ontwerp
wysigIn vergelyking met sy natuurlik-geaspireerde BMW N73-voorganger, beskik die N74 oor tweelingturbo-aanjaers. Die turboaanjaers is aan die buitekant van die enjin geleë en lewer 'n hupstootdruk van 11.6 psi (0.8 bar).[2]
Soos sy voorganger het die N74 direkte inspuiting, DOHC en veranderbare kleptydreëling (wat deur BMW dubbel-VANOS genoem word).[3] Die N74 het egter nie 'n veranderlike kleplig nie (wat deur BMW Valvetronic genoem word).[4]
Die N74 is BMW se eerste gebruik van 'n 8-gang outomatiese ratkas, in die vorm van die ZF 8HP90. [2]
Weergawes
wysigEnjin | Verplasing | Krag | Wringkrag | Jaar |
---|---|---|---|---|
N74B60 [5] | 5972 cc | 400 kW teen 5 250 rpm | 750 Nm teen 1 500–5 000 rpm | 2009 – hede |
N74B66 | 6592 cc | 420 kW teen 5 250 rpm | 780 Nm teen 1 500–5 000 rpm | 2009 – hede |
465 kW teen 5 600 rpm | 800 Nm teen 1 500–5 500 opm | 2013 – hede | ||
442 kW teen 5 250 rpm | 840 Nm teen 1 500 rpm | 2016 – hede | ||
N74B66TU | 449 kW teen 5 500 rpm | 800 Nm teen 1 500 rpm | 2016 – hede | |
N74B68 | 6749 cc | 420 kW teen 5 250 rpm | 900 Nm teen 1 500 rpm | 2017-hede |
Verwysings
wysig- ↑ "BMW's biggest engine - the V12 - is safe until 2023". www.topgear.com. Besoek op 4 April 2019.
- ↑ 2,0 2,1 "2010 BMW 760Li – Second Drive – Car Reviews". www.caranddriver. Besoek op 12 Maart 2017.
- ↑ "Information on N74 engines". www.bmwheaven.com. Besoek op 11 Augustus 2017.
- ↑ "BMW N74 engine". www.australiancar.reviews. Besoek op 12 Maart 2017.
- ↑ Hans-Stefan Braun, Thomas Brüner, Klaus Hirschfelder, Uwe Hoyer, Horst Kellerer, Johann Schopp, Christian Schwarz: Der neue Zwölfzylinder-Ottomotor von BMW, in MTZ - Motortechnische Zeitschrift, November 2009, Volume 70, Issue 11, pp. 848