Baardsuikerbos

Protea spesie

Die baardsuikerbos (Protea neriifolia) is 'n blomdraende boom wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom oor 'n wye gebied voor, van die Hottentots-Hollandberge tot die Riviersonderendberge en van die Langeberg tot Groot-Winterhoekberge en die Elandsberg, Rooiberg, Kammanassieberge, Potberg, Tulbagh en Ceres. Die spesie is deel van die fynbos-bioom. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom van Februarie tot November.

Baardsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. neriifolia
Binomiale naam
Protea neriifolia
R. Br., (1810)
Sinonieme
  • Scolymocephalus neriifolius (R.Br.) Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteengrond, soms ook in granietgrond op hoogtes van 0 - 1 300 m.

Die boom se FSA-nommer is 93.1.[1] In Engels staan dit as die Narrow-leaf protea bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig