Protea (genus)
Die Protea (suikerbosse) is 'n genus wat tot die familie Proteaceae behoort. Die genus is immergroen en is oor die algemeen struike met enkele spesies wat bome vorm. Die genus se naam word in die volksmond gebruik vir baie spesies van ander genera wat deel vorm van die Proteaceae's. Die protea vorm deel van die Kaapse floraryk. Die meeste protea's kom in die Wes-Kaap voor en min spesies word nie in Suid-Afrika aangetref nie.
Protea (genus) | |
---|---|
Koningsprotea | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Protea |
Spesies | |
Sien teks. |
Geskiedenis
wysigDie eerste protea is reeds in 1605, 47 jaar voordat Jan van Riebeeck hom aan die suidpunt van Afrika gevestig het, deur Carolus Clusius geïllustreer. Die blom, wat hy Carduus genoem het, is later as Protea neriifolia geïdentifiseer. Die naam Protea is eers in 1735 deur Linnaeus aan die genus gegee. Hy het die genus vernoem na Proteus, 'n god van die Griekse mitologie wat volgens oorlewering van gedaante kon verander. Hierdie naam het hy aan die plante gegee vanweë die geweldige variasie wat binne die genus voorkom.
Proteas wissel byvoorbeeld van klein verdwergde struikies (Protea acaulos en Protea scabra) tot bome (Protea nitida en Protea afra). Spesies soos Protea cryophila, Protea laevis en Protea tenax het ondergrondse stamme, terwyl die meeste ander bogrondse stamme het. Die blomme van die reuseprotea Protea cynaroides het ʼn deursnee van ongeveer 30 cm, terwyl dié van Protea odorata ongeveer 3 cm of nog minder in deursnee is.
Die meeste proteas dra hul blomme aan die punte van die takke, maar Protea amplexicaulis, Protea cordata en Protea humiflora dra hul blomme aan die stam naby die grond. Dikwels is daar ook variasie binne dieselfde spesie. Naby seevlak in die omgewing van Port Elizabeth is die reuse- of koningsprotea (Protea cynaroides) byvoorbeeld groot en het die plante smal blare en blomknoppe met skerppuntige skutblare wat in die lente tot die somer verskyn. Hoër op in dieselfde omgewing is die plante heelwat kleiner, die blare breër, die skutblare van die blomkoppe gerond en blom hulle in die somer tot die herfs.
Verskeie plantkundiges en ontdekkingsreisigers het in die 18e en 19de eeu heelwat belangstelling in Suid-Afrikaanse proteas getoon. Twee persone wat heelwat proteas in Suidwes-Kaap versamel en laat benaam het, was Thunberg, van die Universiteit van Uppsala in Swede, en Masson, van die botaniese tuin Kew in Engeland. Thunberg het byvoorbeeld die bergbruidjie (Serruria florida) vir die eerste keer in die berge rondom Franschhoek ontdek.
Teen die einde van die 18e eeu het die kweek van proteas in glashuise in Engeland 'n gewilde praktyk geword, maar in die 19e eeu het orgideë gewilder begin word en is die glashuise verwarm sodat proteas nie meer daarin gekweek kon word nie. Vandag word Suid-Afrikaanse proteas veral in lande soos Australië en Nieu-Seeland, waar die klimaat soortgelyk aan dié van Suid-Afrika is, gekweek. Die kweek van proteas en Leucospermum (speldekussings) in Suid-Afrika self neem ook toe omdat daar veral in Europa 'n goeie mark vir die blomme bestaan en die blomme lank genoeg hou om uitgevoer te kan word.
Die plaaslike mark vir die blomme is ook besig om te verbeter. Die proteas word volgens hul groeivorm, die plek waar hulle groei en eienskappe van die blomkoppe in verskeie groepe (sonder taksonomiese status) verdeel. Hierdie indeling is soos volg:
Proteas met bogrondse stamme Cynaroideae – slegs Protea cynaroides. Die blom lyk soos 'n artisjok.
Melliferae – slegs Protea repens. Letterlik heuningdraend.
Ligulatae – lepelvormige skutblare.
Speciosae – lang hare aan die punte van die skutblare.
Exsertae – die blomkoppies is klein (ongeveer 8 cm lank), die bome is skraal en onnet en ongeveer 3 m hoog en almal behalwe Protea glabra blom in die herfs. Verbastering tussen die spesies vind maklik plaas.
Pinifoliae – die blare is smal of naaldvormig, die plante is meestal klein en die blomkoppies roosvormig.
Somerreënvalproteas – die blomkwas is langer as die skutblare en hierdie proteas is oor die algemeen nie so mooi soos dié van die winterreënvalstreek nie.
Proteas met ondergrondse stamme word nie verder onderverdeel nie. Proteas is vroeër dikwels as bron van brandstof gebruik, terwyl die tanniene wat uit die bas van sommige Protea- en Leucospermum- spesies verkry is, gebruik is om leer te looi, asook om maagprobleme te behandel.
Die waboom (Protea nitida) was, soos sy naam aandui, 'n belangrike bron van hout vir ossewaens asook vir gebruiksartikels, en die hout word vandag nog vir draaiwerk gebruik. 'n Swart ink waarmee Louis Tregardt na bewering sy dagboek geskryf het, is in die 19e eeu uit die blare van die waboom vervaardig.
Spesies
wysigSpesies wat hoort tot die genus is as volg:
Seksie | Algemene seksienaam | Spesie | Algemene spesienaam |
---|---|---|---|
craterifolia | buidelprotea | Protea effusa | Blosrooisuikerbos |
craterifolia | buidelprotea | Protea namaquana | Kamiesbergsuikerbos |
craterifolia | buidelprotea | Protea pendula | Knikkopsuikerbos |
craterifolia | buidelprotea | Protea recondita | Gesigtoehouprotea |
craterifolia | buidelprotea | Protea sulphurea | Heuningkoeksuikerbos |
crinitae | oostelike grondprotea | Protea foliosa | Ruie-suikerbos |
crinitae | oostelike grondprotea | Protea intonsa | Klossie-suikerbos |
crinitae | oostelike grondprotea | Protea montana | Swartbergsuikerbos |
crinitae | oostelike grondprotea | Protea tenax | Gehardesuikerbos |
crinitae | oostelike grondprotea | Protea vogtsiae | Marie-se-roossuikerbos |
cristatae | moorlandprotea | Protea asymmetrica | Inyanga-suikerbos |
cristatae | moorlandprotea | Protea wentzeliana | Wentzel-se-suikerbos |
exsertae | witprotea | Protea aurea aurea | Geelsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea aurea potbergensis | Potbergsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea lacticolor | Witsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea mundii | Boswitsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea punctata | Waterwitsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea subvestita | Lippeblomsuikerbos |
exsertae | witprotea | Protea venusta | Rotssuikerbos |
hypocephalae | knaagdierprotea | Protea amplexicaulis | Aardroos-suikerbos |
hypocephalae | knaagdierprotea | Protea cordata | Hartblaargrondsuikerbos |
hypocephalae | knaagdierprotea | Protea decurrens | Overbergsesuikerbos |
hypocephalae | knaagdierprotea | Protea humiflora | Grassuikerbos |
hypocephalae | knaagdierprotea | Protea subulifolia | Naaldblaarsuikerbos |
lasiocephalae | savanna-protea | Protea gaguedi | Grootsuikerbos |
lasiocephalae | savanna-protea | Protea welwitschii | Troshofiesuikerbos |
leiocephalea | grasveld protea | Protea caffra | Hoëveldsuikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea caffra gazensis | Manica-suikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea caffra killimandscharic | Kilimanjaro-suikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea caffra mafingensis | Mafinga-suikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea caffra nyasea | Malawi-suikerbos |
leiocephalea | grasveld protea | Protea dracomontana | Drakensbergsuikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea glabra | Kaiingsuikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea inopina | Groottolsuikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea nitida | Blousuikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea nubigena | Wolkesuikerbos |
leiocephalea | grasveld protea | Protea parvula | Kleinsuikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea petiolaris elegans | Sekelblaarsuikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea petiolaris petiolaris | Sekelblaarsuikerbos |
leiocephalea | skeerkwasprotea | Protea rupicola | Kranssuikerbos |
leiocephalea | grasveldprotea | Protea simplex | Slanksuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea burchellii | Blinksuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea compacta | Botriviersuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea eximia | Breëblaarsuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea longifolia | Begrafnissuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea obtusifolia | Bredasdorpsuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea pudens | Aardroos-suikerbos (Protea pudens) |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea roupelliae hamiltonii | Dwergsilwerblaarsuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea roupelliae roupelliae | Silwerblaarsuikerbos |
ligulatae | lepelskutblaar protea | Protea susannae | Stinkblaarsuikerbos |
melliferae | suikerbos | Protea aristata | Kleindennesuikerbos |
melliferae | suikerbos | Protea lanceolata | Smalblaarsuikerbos |
melliferae | suikerbos | Protea repens | Opregte suikerbos |
microgeantae | westelike grond protea | Protea acaulos | Aardroos-suikerbos (Protea acaulos) |
microgeantae | westelike grond protea | Protea convexa | Grootblaarsuikerbos |
microgeantae | westelike grond protea | Protea laevis | Gladde-blaarsuikerbos |
microgeantae | westelike grond protea | Protea revoluta | Gerolde-blaarsuikerbos |
microgeantae | westelike grond protea | Protea angustata | Wyeblaarsuikerbos |
obvallatae | biskopprotea | Protea caespitosa | Biskopsuikerbos |
paludosae | sneeuprotea | Protea enervis | Chimanimani-suikerbos |
paracynaroides | sneeuprotea | Protea cryophila | Sneeubalsuikerbos |
paracynaroides | sneeuprotea | Protea pruinosa | Geskuurde-suikerbos |
paracynaroides | sneeuprotea | Protea scabriuscula | Gryssuikerbos |
paracynaroides | sneeuprotea | Protea scolopendriifolia | Tongblaarprotea |
parviflorae | skalieprotea | Protea mucronifolia | Kasteelkloofsuikerbos |
parviflorae | skalieprotea | Protea odorata | Swartlandsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea angolensis angolensis | Dwerg-noordelike woudsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea angolensis divaricata | Noordelike woudsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea comptonii | Barbertonse bergsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea curvata | Serpentynsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea laetans | Blydesuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea madiensis | Tall woodland sugarbush |
patentiflorae | bergprotea | Protea rubropilosa | Transvaalbergsuikerbos |
patentiflorae | bergprotea | Protea rupestris | Vuurpylsuikerbos |
pinifolia | roosprotea | Protea acuminata | Sederbergsuikerbos |
pinifolia | roosprotea | Protea canaliculata | Bergroossuikerbos |
pinifolia | roosprotea | Protea nana | Skaamroossuikerbos |
pinifolia | roosprotea | Protea pityphylla | Skaamblomsuikerbos |
pinifolia | roosprotea | Protea scolymocephala | Kleingroenroos |
pinifolia | roosprotea | Protea witzenbergiana | Maanhaarbergroos |
protea | koningsprotea | Protea cynaroides | Koningsprotea |
speciosae | baardprotea | Protea coronata | Groenhofiesuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea grandiceps | Rooisuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea holosericea | Saagtandsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea laurifolia | Louriersuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea lepidocarpodendron | Swartbaardsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea lorifolia | Riemblaarsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea magnifica | Wolbaardsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea neriifolia | Baardsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea speciosa | Bruinbaardsuikerbos |
speciosae | baardprotea | Protea stokoei | Blosendesuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea aspera | Aardroos-suikerbos (Protea aspera) |
subacaules | dwergpolprotea | Protea denticulata | Tandjiessuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea lorea | Sneeugrondsuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea piscina | Skurweblaarsuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea restionifolia | Bruingrondsuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea scabra | Skurweblaargrondsuikerbos |
subacaules | dwergpolprotea | Protea scorzonerifolia | Kanaalblaarsuikerbos |