Botriviersuikerbos
Die Botriviersuikerbos (Protea compacta) – ook bekend as die Kleinmondprotea – is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in Agulhas, van Kleinmond tot Bredasdorp. Die plant word 3.5 m hoog en blom van April tot September.
Botriviersuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. compacta
|
Binomiale naam | |
Protea compacta R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0 - 200 m.
Deur stedelike groei, landbou en indringerplante het die plant die laaste 60 jaar (ongeveer 3 generasies) 'n geraamde 35% van sy voorkomsgebied en 23% van sy habitat verloor. Verder hibridiseer dit met kultivars wat vir snyblomme gekweek word.
In Engels staan dit as die Bot River sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 87.1.[1]
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Botriviersuikerbos.