Grootsuikerbos
Die grootsuikerbos (Protea gaguedi) is 'n struik wat hoort tot die bekende Proteagenus en is inheems aan Suidelike Afrika. Die spesie in inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, KwaZulu-Natal, Limpopo, Malawi, Mosambiek, Mpumalanga, Namibië, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Die plant groei regop, is kwasterig en word 3 m hoog. Dit blom van Augustus tot Februarie met die hoogtepunt in Desember tot Februarie.
Grootsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. gaguedi
|
Binomiale naam | |
Protea gaguedi J.F.Gmel., 1791
| |
Sinonieme | |
|
Die plant word in 'n brand vernietig maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls en kewers. Die plant groei meestal op droë, rotsagtige hellings op hoogtes van 600 - 2 500 m.
In Engels staan dit as die African Sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 89.[1]
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grootsuikerbos.