Swartbaardsuikerbos

plantspesie

Die swartbaardsuikerbos (Protea lepidocarpodendron) is 'n blomdraende boom wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Kaapse Skiereiland en Kogelberg, Groenlandberg, Kleinmondberg en Kleinrivierberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom van April tot Augustus.

Swartbaardsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. lepidocarpodendron
Binomiale naam
Protea lepidocarpodendron
(L.) L., (1771)
Sinonieme
  • Erodendrum neriifolium Knight
  • Leucadendron lepidocarpodendron L.
  • Protea cristata Lam.
  • Protea fulva Tausch
  • Protea lepidocarpon R.Br.
  • Protea speciosa Thunb.
  • Scolymocephalus fulvus (Tausch) Kuntze
  • Scolymocephalus lepidocarpodendron Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei sanderige grond op hoogtes van 0 - 600 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.5.[1] In Engels staan dit as die Black-bearded Sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig