Rooisuikerbos
plantspesie
Die rooisuikerbos (Protea grandiceps) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Holland-, Riviersonderend-, Langeberg, Outeniekwa-, Groot-Winterhoek- en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is rond en word 2 m hoog en blom van September tot Januarie.
Rooisuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. grandiceps
|
Binomiale naam | |
Protea grandiceps Tratt., (1808)
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 700 m.
Die boom se FSA-nommer is 89.2.[1] In Engels staan dit as die Red sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooisuikerbos.