Stinkblaarsuikerbos
plantspesie
Die stinkblaarsuikerbos (Protea susannae) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf Stanford tot Stilbaai voor en is deel van die strandveld- en fynbos-biome. Die spesie kan tot 3 m in hoog word en blom van April tot September.
Stinkblaarsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. susannae
|
Binomiale naam | |
Protea susannae E.Phillips, (1910)
|
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalkagtige en neutrale grond op hoogtes van 0 - 200 m.
Die boom se FSA-nommer is 98.1.[1] In Engels staan dit as die stink-leaf sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stinkblaarsuikerbos.