Stanford
Stanford is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is reeds op 1865 op die plaas Kleinrivier uitgelê. Die plaas het behoort aan kaptein (later Sir) Robert Stanford.
Stanford | |
---|---|
Koördinate: 34°26′30″S 19°27′20″O / 34.44167°S 19.45556°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Overstrand |
Stigting | 1856[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,92 km2 (1,51 vk. myl) |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 4 797 |
• Digtheid | 1 224/km2 (3 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 60.3% |
• Swart mense | 29.1% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 65.8% |
• Xhosa | 25.3% |
• Engels | 6.7% |
• Ander | 2.2% |
Poskode (strate) | 7210 |
Poskode (posbusse) | 7210 |
Skakelkode | 028 |
Die R43-provinsiale pad gaan deur Stanford en die buurdorpe is Gansbaai en Hermanus.
Stanford spog ook met 'n mikrobrouery waar vyf soorte bier gebrou word.
Die Salmonsdam-natuurreservaat is naby Stanford. Die natuurreservaat is genoem na kapt. Salmond van die HMS Birkenhead.
Die plaaslike, eklektiese NG kerkgebou is ontwerp deur die argitek Wynand Louw.
Wapen
wysigStanford se munisipale raad het in 1989 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In swart, drie silwer klimmende leeus, rooi genael en getong; op 'n silwer skildhoof 'n aronskelk en 'n protea met skuinsgekruiste stingels, alles van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n bokkop, en die wapenspreuk "Deus adjuvat nos".[3]
Sien ook
wysigBronne
wysig- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
- Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
Verwysings
wysig- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 29 Februarie 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Stanford". Sensus 2011.
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.